Saturday, March 16, 2013

Terug op my pos!

Vandag se skryfkursus by Susan Coetzer het my opnuut laat besef hoekom ek amper drie jaar gelede begin het om te blog. En tot my spyt het die 'lewe' gebeur, en het ek een van my groot liefdes, skryf, so bietjie agterwee laat bly. Maar my liefde vir my taal (wat ek seer sekerlik by my pa ge-erf het) die het gelukkig nie gekwyn nie. Want wat doen ek (siende dat ek nie 'n man het nie en DUIDELIK nie genoeg het om in die aand te doen nie!) en Esti (dis nou my regterhand en 'saving grace' agter in Galileo Books se kantoor) amper elke dag - BBM vir mekaar spelfoute wat ons op Facebook teekom!! Ek meen: betjie (bedjie), kleure (klere), menstrihele siklis (nee...), byerig (buierig - haar spelling laat dit klink of sy iemand wil steek!) maar die beste een tans... matriek afskuit!! Ek 'beskuit' myself sommer!! Wat my die meeste pla, is dat mens sou dink hierdie slegte spellers moet mid-hoerskool of dalk in hulle vroee twintigs wees - TOE nie!! Meeste van hulle (en ongelukkig moet ek erken, 99% is vroue) is tussen 28 en 40. Shocking verby. Maar waar was ek? Ja, ek dink die eerste keer toe ek hierdie blog begin het, was dit om my wel en wee as enkel-ma neer te pen sodat ek sommer kan stoom afblaas oor my eks en sy onbetrokkenheid, sy te min onderhoudsgeld vir boeta, sy nooit-bellery, onbetroubaarheid en, en, en. En daarmee saam wou ek myseelf laat besef dat my Hemelse Vader my, ten spyte van alles wat ek die laaste paar jaar deur is, nog nie EEN dag aan my eie genade oorgelaat het nie. En ek wou net dag vir dag survive. Vandag 'survive' ek meestal (finansieel) nog steeds net van dag tot dag. Maar iewers langs die pad (of dalk met ouderdom!), het ek 'n diepe dankbaarheid opgedoen. Dankbaar vir die feit dat ek 'n kind het, 'n werk het, ondersteuning het, wonderlike familie en vriende het. En as ek teen 01:00 in die oggend die voorreg het om uiteindelik die lig af te sit, besef ek daagliks hoe geseend en bevoorreg ek is om die lewe te kan BELEEF. Met al sy OPS en AFS. So dis wat ek graag hier met jou wil deel - My lewe, DIE lewe. NET soos ek hom beleef. En as jy hier en daar iets raaklees wat jou dalk op jou lewensreis kan help / inspireer, of miskien twee keer laat dink - dan is ek bly. Want kyk - as jy 'n ouer is, plaas dit jou onmiddellik in 'n ander kategorie in die lewe, of jy nou wil of nie. En dan kry jy 'n MA - sy val onder die Gespesialiseerde divisie van ouerskap. Maar 'n Enkel-ma... SY is 'n spesie op haar eie! Ongelukkig het ek agt jaar gelede ook deel van die egskeidingstatistiek geword. Dus is 'struggle' al vir lank my tweede naam. Maar moedverloor, of tou-opgooi - NOOIT. Sekere insidente is in my kop ingeprent wat ek seker nooit sal vergeet nie, maar ons het steeds 'n keuse - 'n keuse van watter gedagtes ons in ons kop gaan toelaat en 'n keuse oor hoe ek gaan optree in 'n gegewe situasie. En ek kan jou menigte voorbeelde gee van waar ek verkeerd opgtree het - en ek sal hulle skaamteloos hier op die blog deel, sodat jy wat hier lees: a. daaruit leer en nie dieselfde fout maak nie b. besef dat ander mense ook maar baie foute maak, en dat dit ook orraait it. Dat dit MENSLIK is om foute te maak c. besef dat in ons foute en verkeerde optrede, God se genade STEEDS genoeg is Maar ek wil ook skreeusnaakse insidente, naam-slaan insidente, supertrots-op-my-kind insidente, toets-dop insidente, alles-breek-op-een-slag insidente en ek-het-nou-genoeg-gehad insidente met jou deel. Ek ek nooi jou uit - kom deel met my ook. Comment of stuur 'n epos (as jy dit op hierdie blog kan doen - ek het ne 'n clue nie - ek is Tegnies agtergeblewe!) - so maak ons mekaar se hande sterk. Tot more!

2 comments:

  1. Sjoe Ronelle, ek kan by jou 'n paar wenke kom vang! Ek dink 'n mens voel soveel beter as jy oor dinge praat en met mense deel, dan voel dit asof daar 'n berg van jou skouers afgerol het. Ek is mal oor die "spelling" gedeelte. Ek kry so baie sms'e en dan moet ek regtig dit tot 3x lees net om te verstaan wat die persoon vir my skryf. Ek is nog van die ou garde, ek skryf my woorde uit!

    Groete

    Hendrik

    ReplyDelete
  2. Ek sal beslis jou "blog" wil volg, jy is vir my 'n werklike inspirasie!xx

    ReplyDelete